Tweede Trump-raadgewer skuldig aan minagting or 6 Januarie

Die raadgewer van Amerika se oudpresident Donald Trump, Peter Navarro, is skuldig bevind aan minagting van die Kongres omdat hy geweier het om saam te werk met ‘n ondersoek na die aanval op die Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Hy kan tot ‘n jaar tronkstraf kry op elk van die twee aanklagte van minagting. Navarro is in Februarie verlede jaar gedagvaar deur die komitee wat ondersoek instel hoe en waarom Trump-ondersteuners die Kongres-gebou bestorm het. Hy het geweier om dokumente te oorhandig en het nie voor die hof verskyn om te getuig nie. Navarro sê hy gaan appelleer.