Groot sukses vir SA-owerhede met stropery in Kruger

Owerhede in Namibië sukkel met renosterstropery wat verlede jaar amper verdubbel het tot 87 renosters wat gestroop is, meeste in Etosha Nasionale Park. Maar dinge blyk om beter te gaan in die buurland met die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke wat sê bewaking, bewaring en pogings teen stropery werp vrugte af in die Krugerwildtuin. Verlede jaar dié tyd is 23 renosters in die Malelane-gebied in die Krugerwildtuin gestroop. Tot op hede is slegs vyf renosters sedert Januarie gestroop. ‘n Woordvoerder van Anglo American Platinum, Nomonde Ndwalaza, sê hulle het verlede jaar vier Bat Hawks-helikopters aan die Krugerwildtuin geskenk om met bewaking en teenstropery te help: