Twee vuurpyle vanaf Gaza na Israel afgevuur

Israel sê Palestynse militante in die Gazastrook het vroeg vanoggend twee vuurpyle na die suide van Israel afgevuur, ure nadat die Amerikaanse President Joe Biden ‘n besoek aan Israel en die Palestynse gebiede afgesluit het. Een van die vuurpyle is deur lugverdediging onderskep en die ander het in ‘n oop gebied geval. Daar was geen onmiddellike berigte van beserings nie. Geen Palestynse groep het verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval nie. Israel blameer Hamas, die militante groep wat Gasa regeer. Die Palestynse president Mahmoud Abbas het Vrydag met Biden in die Wesoewer-stad Bethlehem vergader. Biden het 300 miljoen Amerikaanse dollar in bystand aan Abbas beloof maar, Abbas meen dat die Verenigde State ‘n vennoot in die aggressie op sy mense is. Die VSA het baie nou bande met Israel.