Emosionele Woods eindig nege oor baansyfer in Brittanje

Tiger Woods gaan heelwaarskynlik die Britse Opekampioenskap se afsnypunt misloop. Woods, die wenner van 15 groot toernooie, het gister se ronde in 75 houe voltooi, wat nege oor baansyfer is. ‘n Emosionele Woods het trane weggevee toe hy die skare gegroet het terwyl hy na die 18de putjie gestap het. Die gewilde 46-jarige speler het ná ‘n groot operasie verlede jaar aan sy regterbeen na St Andrews teruggekeer, waar hy twee van sy drie Ope-toernooie gewen het. Hy het sy been in ‘n motorongeluk beseer.