Beurtkrag: Verligting vir buurland die week

Verbruikers in Suid-Afrika kry ‘n blaaskans nadat Eskom ‘n laer fase beurtkrag vir die volgende week aangekondig het. Die kragvoorsiener beplan om vanaf vandag tot Vrydag fase twee-beurtkrag slegs tydens die aandspitstyd van vier tot middernag in te stel. Op die oomblik word geen beurtkrag buite hierdie ure beplan nie. Dit volg ná weke van beurtkrag – tot en met fase ses – weens ‘n onbeskermde staking. Daar is vroeër berig Eskom sal dalk nog 45 miljard Suid-Afrikaanse rand moet leen om die koste te dek van die verhoging van 7 persent wat aan sy werknemers belowe is, en duurder diesel.