Twee vlieëniers ongedeerd na noodlanding in San José

Twee vlieëniers van ‘n DHL-vragvliegtuig het ongedeerd daarvan afgekom tot hulle ‘n noodlanding in Costa Rica moes maak. Die Boeing 757-200 het in twee gebreek nadat dit op die Juan Santamaria Lughawe in die hoofstad San José van die aanloopbaan afgegly het. Niemand anders was aan boord nie. Die vliegtuig was op ‘n vlug na die Stad Guatemala toe die vlieëniers gevra het om om te draai, omdat die hidroliese stelsel gefaal het. Die lughawe is gesluit en duisende passasiers en tientalle vlugte is geraak.