Namibiese gesondheidsministerie sê ondersoek van Mededingingskommissie moet voortgaan

Die Namibiese gesondheidsministerie het gereageer op die Namibiese Mededingskommissie wat ‘n ondersoek van stapel gaan stuur na verskeie private patologie-laboratoriums en ander voorsieners van Covid-toetsdienste. Die kommissie het klagtes van die publiek ontvang wat daarop dui dat die pryse wat gehef word vir Covid-toetse by private fasiliteite sedert die uitbreek van die Covid-pandemie, buitensporig is. Die kommissie is van mening dat onbillike en onredelik hoë pryse vir PCR- en kitstoetse vir Covid-19 ‘n nadelige uitwerking op die Namibiese publiek kan hê. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kommissie moet met hul ondersoek voortgaan en met hul bevindings vorendag kom.