SA se voorskoolse kinders vorder nie na wense

Die grootste peiling ooit van Suid-Afrika se voorskoolse kinders se ontwikkeling, die Thrive by Five-indeks, toon 65 percent van die kinders in die ouderdomme van vier en vyf wat Vroeë Leerprogramme bywoon, vorder nie. Die woordvoerder van Thrive, Philisiwe Kobeli, sê onder die 5 000 kinders wat beoordeel is, is minder as die helfte nie op koers met hulle leerwerk nie. Een uit elke vier kinders toon tekens van langtermyn wanvoeding.