Twee seekoeie toets postief vir Covid-19

Twee seekoeie het positief getoets vir COVID-19 by die Antwerpse dieretuin in België in wat die eerste aangemelde gevalle in die spesie kan wees, het dieretuinpersoneel gesê.Seekoeie Imani (14) en die 41-jarige Hermien het geen simptome behalwe ‘n loopneus nie, maar die dieretuin het gesê die paar is as ‘n voorsorgmaatreël in kwarantyn geplaas.