Minstens 20 mense verdrink in Kenia

Meer as 20 mense het in Kenia verdrink toe ‘n bus op pad na ‘n troue, weggespoel het toe die bestuurder probeer het om ‘n rivier in vloed oor te steek. ‘n Kerkkoor en ander gaste is na die seremonie in die Kitui-streek vervoer. Sommige passasiers het daarin geslaag om te ontsnap voordat die bus gesink het. Twaalf mense, wat vier kinders insluit, is gered. Dis nie seker hoeveel mense op die bus was nie. Die reddingspoging gaan vanoggend voort.