Twee Namibiese senior swemmers neem deel aan Statebondspele

Die Namibiese Swemfederasie het aangekondig twee senior swemmers Xander Skinner en Ronan Wantenaar is gekies om Namibië te verteenwoordig by die Statebondspele in Birmingham, Engeland wat vanaf 28 Julie tot 9 Augustus plaasvind. Hulle sal vergesel word deur die Namibiese afrigter Janis Stergiadis.Xander is tans besig om saam met ‘n professionele swemspan te oefen terwyl hy sy meestersgraad aan die Arizona Staatsuniversiteit voltooi. Hy het onlangs sy eie Namibiese rekord in die 50 meter vryslag gebreek deur dit onder 23 sekondes te swem. Ronan het ‘n tweede jaar Fina-borgskap gekry waar hy oefen by die Fina-oefensetnrum in op die eiland Phuket in Thailand.