Ace Magashule hou vol klagte teen hom is polities-gedrewe

Die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, hou vol die aanklagte teen hom is polities-gedrewe. Hy staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie oor die Vrystaatse asbesdak-projek van miljoene Suid-Afrikaanse rand. Die saak is tot September uitgestel vir die voorverhoor. Magashule het vroeër aan ondersteuners gesê politici weerhou hom met opset daarvan om in Desember vir die ANC se partykonferensie te staan.