Twee joernaliste kry vandag 2021 Nobelprys vir Vrede

Die joernaliste Maria Ressa en Dimitry Muratov ontvang vandag die 2021 Nobelprys vir Vrede by ‘n seremonie in Oslo, Noorweë. Die Noorweegse Nobel-komitee beloon die twee joernaliste vir hulle pogings om vryheid van spraak te beskerm wat ‘n voorvereiste vir demokrasie en blywende vrede is. Ressa wat van die Filippyne kom, is talle kere in hegtenis geneem en is ‘n uitgesproke kritikus van president Rodrigo Duterte. Muratov van Rusland is die hoofredakteur van die koerant Novaya Gazeta, en lewer gereeld kritiek op die Russiese president, Vladimir Putin.