Inentingspunte in die hoofstad vandag oop

Die Namibiese gesondheidsministerie het die publiek daarop gewys dat die volgende inentings-punte van nege uur vanogend af tot drie uur vanmiddag oop is. Windhoek sentrale hospitaal, Hosiana kerksaal, NG Kerk Eros se saal, en Wernhill park oorkant Pick ‘n Pay. Die Wêreldgesondheidsorganisasie in Afrika sê intussen Covid-19-gevalle op die vasteland het in die afgelope week met 93-persent toegeneem. Die Omikron-variant is nou in ten minste tien Afrika-lande opgespoor. Die woordvoerder vir die WGO in Afrika, Richard Mihigo, sê die Suider-Afrikaanse streek het die hoogste toename aangeteken met ‘n weeklikse styging van 140-persent in gevalle, hoofsaaklik as gevolg van ‘n oplewing in Suid-Afrika. Mihigo voeg by die vasteland verteenwoordig 46-persent van ongeveer een-duisend Omikron-gevalle wêreldwyd: