Twee jaar van inperking moeilik vir KZN-toerismebedryf

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die afgelope twee jaar van inperking was baie moeilik vir die toerismebedryf. Hulle het besluit om nuwe geleenthede te ondersoek om die terugslae weens die Covid-pandemie te oorkom. Die toerismebedryf trek grotendeels nog swaar en voer steeds ‘n stryd teen die pandemie. Zikalala sê hy voel bemoedig deur die positiewe tekens dat die toerisme-ekonomie ‘n oplewing beleef.