Honderde onwettige Zimbabwiese immigrante by Beitbrug vasgetrek

Honderde onwettige immigrante is in hegtenis geneem en gedeporteer nadat hulle Suid-Afrika van Zimbabwe af deur die Beitbrug-grenspos en Musina binnegekom het. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het die grenspos besoek om hom te vergewis van die situasie. Hy sê onwettige immigrante wat omkoopgeld betaal is ‘n bydraende faktor. Hy sê die instandhouding van die grensheining sal nou deur die Grensbestuursowerheid gedoen word.