Curro Namibië sê bewerings oor privaat universiteit is onwaar

Die besturende direkteur van Curro Namibië, Colette Riekert sê berigte dat Curro Holdings voortgaan met sy planne om ‘n privaat universiteit in Namibië te stig en in 2023 die eerste inskrywings sal ontvang, is nie korrek nie. Volgens die berigte sou die universiteit, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, ‘n landbou-fakulteit stig wat op Stampriet gesetel sal wees en dat Curro Namibië reeds ‘n ooreenkoms met Stadio, wat plaaslik as ‘n tersiêre instelling geregistreer is, onderteken het. Riekert verduidelik…