Twee dood by Abba huldeblyk in Swede

Twee mense is dood en nog een is beseer ná ‘n man sewe verdiepings ver by ‘n konsert in Swede geval het. Die konsert was bedoel as ‘n huldeblyk aan die popgroep Abba. Die polisie sê ‘n 80-jarige het in die oop foyer van die gebou in Uppsala geval en twee ander toeskouers getref. Die een wat geval het en een van die ander twee wat getref is, ‘n 60-jarige, is dood. Sowat ‘n duisend mense het vroeër die week vir die konsert byeengekom, maar dit is na die tragedie gekanselleer. Die konsertsaal in Uppsala gaan tot Saterdag gesluit bly.