Twee Covid-sterfgevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in Engela en Eenhana aangemeld, asook 28 nuwe gevalle uit 1 092 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,6 persent verteenwoordig. In die groep is 16 leerders van verskillende skole, asook een elk student, onderwyser en gesondheidswerker. Daar is nou 2 599 aktiewe gevalle, waarvan 27 pasiënte in hospitale is en sewe in hoësorgeenhede. Altesaam 21,2 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.