Drie vas in Lotusrivier wat honde se ore knip

Drie verdagtes sal hierdie week in die hof aangekla word van dieremishandeling nadat die Kaap de Goeie Hoop DBV ‘n klopjag in Lotusrivier uitgevoer het en mense betrap het wat honde se ore knip. ‘n Woordvoerder, Jaco Pieterse, sê hulle het onwettige bedrywighede in ‘n agterplaas ontdek waar ses honde vas was aan kort statiese kettings in onhigiëniese toestande. Geskeduleerde dwelms, sowel as ‘n gereedskapskis met toerusting wat gewoonlik gebruik word om ore te knip, is ook gevind. Hy sê die honde is veilig by die DBV se Grassypark-gerief.