Twee Chinese sakemanne op Tsumeb beroof

Twee Chinese sakemanne is vandag op Tsumeb van items en kontant ten bedrae van 28 000 Namibiese dollar beroof. Volgens die Namibiese polisie het ‘n groep van vier onbekende mans gewapen met pangas en messe, die Chinese burgers se huis binnegegaan en geld van hulle geëis. Een van die Chinese burgers is in die proses aan sy regterhand beseer. Die verdagtes het na bewering weggekom met ‘n kontant van 8 000 dollar, drie selfone en ‘n horlosie. ’n Saak is deur die 42-jarige Lim Cheng Qing en die 40-jarige Liao Yang Pin aanhangig gemaak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoeke duur voort.