DA sê hy het steun ontvang vir sy Wetsontwerp op Maatskaplike Impak

Die DA sê hy het oorweldigende openbare steun ontvang vir sy voorgestelde Wetsontwerp op Maatskaplike Impak. Dit poog om breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging te verwyder uit die Wet op die Raamwerk vir Voorkeur-verkrygingsbeleid. Dit sal toelaat dat tenders toegeken kan word gegrond op bevoegdheid of voldoening aan spesifieke maatskaplike ontwikkelingsdoelwitte. Dean MacPherson van die party sê 83,3 persent van die kommentaar wat ontvang is, steun die wetsontwerp, 13,3 persent is neutraal en 3,3 persent het hul teenkanting uitgespreek.