NVG gaan beslis om SA minister van finansies aangekla gaan word

Die polisie in Mpumalanga wag op die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit oor of die minister van finansies, Enoch Godongwana, aangekla gaan word. Dit volg nadat ‘n personeellid by die Krugerwildtuin ‘n saak van seksuele aanranding teen Godongwana aanhangig gemaak het. Daar word beweer sy is aangerand terwyl sy die minister ‘n massering in sy kamer gegee het. ‘n Polisiewoordvoerder Selvy Mohlala sê al die nodige verklarings in die saak is verkry.