Turkish Airlines beloon reddingshonde  

Reddingshonde van regoor die wêreld wat diens gedoen het in Turkye en Sirië ná die onlangse dodelike aardbewings, is soos koninklikes bederf op pad terug huis toe. Turkish Airlines het aan elke reddingshond wat in die land gewerk het ‘n eersteklas sitplek gegee uit waardering vir hul heldhaftige pogings om mense onder die puin uit te snuffel. Sowat 140 honde en hul hanteerders was werksaam in die twee lande. ‘n Woordvoerder van die lugdiens, sê wanneer mense nie langer om hulp kan roep nie, is honde hul laaste hoop om gevind te word.