Aanval in ooste van DRK eis 36 lewens

Vermeende Islamitiese militante het in ‘n aanval minstens 36 mense in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo aangeval en vermoor. Die aanvallers is na bewering lede van ‘n gewapende Ugandese groep. Die aanval was in die dorpie Mukondi, sowat 30 kilometer vanaf die stad, Beni in die Kivu-provinsie. Volgens ‘n burgerlike groep word mense steeds vermis en kan die dodetal hoër wees.