Nawa vra ook vir inentings teen hondsdolheid

Die Suid-Afrikaanse DBV het ‘n beroep op troeteldier-eienaars gedoen om hul diere teen hondsdolheid in te ent. Plaaslik sê Heather Creamer van die Namibiese Dierewelsynsvereniging is daar ook groot uitdagings en veral op Groot Aub, het kinders al gesterf weens hondsdolheid. Creamer sê daar is geen verskoning nie, die spuit is gratis.