TUN eis salarisverhogings in 2022

Die Onderwysersunie van Namibië, TUN, se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, het gesê hulle verwag dat onderwysers se salarisse volgende jaar sal verhoog. Hy het gesê as dit nie gebeur nie, sal hulle vanaf die strate met die regering onderhandel. Kavihuha het gesê onderwysers ly vir die afgelope sewe jaar honger sonder salarisverhogings, terwyl pryse van alles styg. Hy sê ondanks die gebrek aan verhoogde salarisse, word van onderwysers verwag om hul beste te gee.