Dickason kan moontlik onskuldig bevind word

Die voormalige Suid-Afrikaanse dokter wat na bewering haar dogtertjies in Nieu-Seeland vermoor het, kan weens ontoerekensvatbaarheid onskuldig bevind word. Die moontlikheid bestaan ook dat die land Lauren Dickason kan deporteer. Haar man, dr. Graham Dickason, het op 16 September op die lyke van hul drie dogtertjies in die gesin se huis in Timaru afgekom. Lauren is in verband met die moorde in hegtenis geneem en sy is kort daarna vir waarneming in die Hillmorton psigiatriese hospitaal opgeneem. Haar psigiatriese evaluering duur nog voort.