Parlementstuine steeds toe vir publiek

Die Parlementstuine is steeds besig om opgeknap te word. Alhoewel 75 persent van die tuine gereed is, is daar steeds opknappings wat gedoen moet word voordat dit vir die publiek oopgemaak kan word. David Nahogandja, die parlement se woordvoerder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die opknapping van die ablusiegeriewe is nog uitstaande.

Die nuwe heining wat om die tuine opgerig word en nog nie voltooi is nie, het skerp kritiek uitgelok van opposisie partye en politieke ontleders meen die regering behoort nie die parlement, die sogenaamde plek van die mense, toe te maak nie.