Trustco sê oor regstryd in Londen

Die Trustco-groep is in ’n regskwessie in Londen met Helios Oryx gewikkel oor ’n gedeeltelike lening wat as kapitaal vir sy Elisenheim-eiendomsportefeulje gedurende 2016 verseker is. Helios Oryx het aanvanklik ingestem om ‘n lening van 640 miljoen Namibiese dollar aan Trustco toe te staan en het sekuriteit vir die volle bedrag ontvang. Op die ou end is daar egter slegs 250 miljoen Namibiese dollar aan Trustco oorbetaal. Trustco het versoek dat die sekuriteit wat verskaf was verminder word om by die leningsbedrag aan te pas, sodat daardie sekuriteit kan gebruik word om bykomende fondse te bekom wat nodig is om sy verskillende projekte suksesvol te voltooi. Trustco het gevolglik aansienlike ekonomiese skade gely en moes al sy internasionale en plaaslike leningsfasiliteite in 2019 herstruktureer. Quinton van Rooyen Junior het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.