Handelsministerie waarsku oor slenter

Die Namibiese handelsministerie het lede van die publiek gewaarsku oor ‘n slenter wat die ronde op sosiale media doen. Luidens die inligting word entrepreneurs ingelig dat die ministerie saam met verskeie internasionale agentskappe befondsing bekom het om SME’s en entrepreneurs by die staan. Anna Salkeus, woordvoerder van die ministerie sê geen inligting moet op die beroep gedeel word nie. Sy sê in sommige gevalle word deposito’s aangevra.