Banke soek geld, eiendom, en motors in 85 sake, terug

Die mosiehof het vanoggend 159 aansoeke om verstekvonnisse hanteer waarvan 16 reël 108 aansoeke was. ‘n Totaal van 85 sake is deur kommersiële banke gebring. Twaalf voertuie is opgeëis met 23 eiendomme, waarop 29,2 miljoen Namibiese dollar geskuld word, wat ook agterstallig is. Daar was ook 49 lenings met ‘n waarde van 8,4 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is. Regters Marlene Tommasi en Kobus Miller het die sessies hanteer. Op Maandag se rol is daar net drie onverdedigde egskeidings wat voor regter Thomas Masuku sal voorkom.