Trustco se aandeelhouers in een week 46% ryker

Trustco se aandeelhouers is in een week 46 persent ryker. Trustco-aandeelhouers het 330 miljoen Namibiese dollar se welvaart teruggekry toe die aandeelprys vandag tot 66 sent per aandeel gestyg het van 45 sent per aandeel verlede Maandag. Meer as 800 000 aandele is gedurende die week verhandel, het die uitvoerende hoof van Trustco Group Holdings, Quinton van Rooyen, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.