Erongo-polisie soek na inbrekers by leerwinkel op Swakopmund

Die polisie in die Erongo-streek soek die hulp van die publiek met die opsporing van twee verdagtes wat items ter waarde van 480 000 Namibiese dollar  by ‘n leerwinkel op Swakopmund, Exclusive Lederwaren Shop, gesteel het. Die Namibiese polisie sê die eienaar het die G4S-sekuriteitsdienste gekontak nadat die winkel se alarm afgegaan het. Daar word beweer dat die verdagtes toegang tot die perseel verkry het deur die winkel se hoofdeur oop te forseer en ‘n aantal leer-items gesteel het. Geen gesteelde items is tot dusver teruggevind nie en die verdagtes is onbekend. Die polisie sê die verdagtes het in ‘n silwer sewe-sitplek-voertuig weggejaag.