Eros Laerskool kry skenking van US$25 000

Die GrandView Klein Diamonds-groep en juweliers het ‘n helpende hand aan Eros Laerskool en die Oyetweni-gesondheidsentrum uitgereik. Die GrandView Klein Diamonds-groep, Phillipine Angula Development en juweliers van die Amerikaanse Edelsteen-vereniging het ‘n bedrag van 25 000 Amerikaanse dollar aan Eros Laerskool in Windhoek se beursfonds en sanitêre doekies-projek geskenk. Die beursfonds het ten doel om finansiële bystand te bied aan minderbevoorregte leerders wat hul opleiding aan tersiêre instellings wil voortsit. Twahafa Neshuku, skakelbeampte van GrandView Klein Diamonds Namibia gesels met Kosmos 94.1 Nuus.