Trump se Withuis-rekords moet beskikbaar gestel word

‘n Federale regter in die distrikshof van die Amerikaanse deelstaat Columbia het beslis dat die Withuis-rekords wat verband hou met die 6 Januarie opstand beskikbaar gestel moet word aan die komitee wat die aangeleentheid ondersoek. Regter Tanya Chutkan het ook opdrag gegee dat al die nodige dokumente teen Vrydag oorhandig moet word. President Joe Biden het onlangs toestemming daarvoor gegee maar die voormalige president Donald Trump het ‘n hofaansoek gebring en gesê die rekords word deur uitvoerende vertroulikheid beskerm. Volgens Chutkan is dit die eerste keer sedert 1860 dat die VSA nie ‘n vreedsame oordrag van mag het nie. Trump het reeds aangedui dat hy sal appelleer.