Lonekommissie sal die week verslag oor minimumloon indien

Die Namibiese arbeidsministerie is steeds besig met hul verslae nadat die Lonekommissie landwyd openbare verhore oor die nasionale minimumloon gehad het. Tydens hierdie openbare verhore het individue, vakbonde en werkgewersorgnisasies hul insette oor die nasionale minimumloon gelewer. Dr. Marius Kudumo, die voorsitter van die Lonekommissie, sê die verslag sal vandeesweek aan die arbeidsminister oorhandig word.