Eskom-uitvoere: Alweendo sê kragvoorsiening word verseker

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo het gereageer op berigte dat die Eskom-hoof André de Ruyter gesê het dat Suid-Afrika se ekonomie op sy knieë is terwyl hy agteroor buig om krag uit te voer na ander lande. Die buurland gaan gebuk onder beurtkrag terwyl Eskom elektrisiteit na Namibië, Botswana, Zimbabwe en Zambië uitvoer. Namibië kry ongeveer 50 persent van sy elektrisiteit vanaf Eskom. Alweendo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat elektrisiteit van kritiese belang is vir Namibië se ontwikkelingsdoelwitte en daarom het sy ministerie die kragpoel oopgemaak vir die privaatsektor om by te dra om kragvoorsiening te verseker.