Trump haal nie rykstes op Forbes se lys nie

Oudpresident Donald Trump van die VSA het vir die eerste keer in 25 jaar nie Forbes se lys van die 400 rykste Amerikaners gehaal nie. Die finansiële publikasie berig Trump se netto batewaarde is nou 2,5 miljard Amerikaanse dollar. Hy was verlede jaar 339ste op die lys en 275ste in 2019. Sedert die begin van die Covid-pandemie het hy 600 miljoen Amerikaanse dollar verloor. Trump is een van 51 mense wat nie weer die lys gehaal het nie. Sy persoonlike rykdom het begin afneem sedert hy in 2016 president geword het.