Sharks ‘aangepas’ vir môre

Die Sharks-afrigter, Sean Everitt, sê die veranderings wat hy aangebring het vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die Ospreys in Swansea, is beïnvloed deur die hoeveelheid rugby wat sy span gespeel het en die behoefte om te wen. Everitt het nege veranderings aan die span gemaak. Ntuthuko Mchunu neem oor by Khwezi Mona as die loskopstut terwyl die haker Kerron van Vuuren die beseerde Fez Mbatha vervang. Everitt sê daar is baie rotasieveranderings maar ander is prestasiegedrewe.