Trump gebruik 11/9 om geld te maak

Daar word hewige kritiek uit verskeie oorde teen die voormalige Amerikaanse president Donald Trump uitgespreek vir sy planne op 11 September vanjaar. Hy het sy seun Donnie sal kommentaar lewer op die geveg tussen Evander Holyfield en Vitor Vieira Belfort. Belfort, 44, is bekend vir gemengde vegkuns terwyl Holyfield tans 58 is en ‘n voormalige swaargewig kampioenbokser is. Die Trumps lok kritiek uit omdat hulle kommentaar alleenlik aangehoor kan word as persone 49 Amerikaanse dollar en 99 sent betaal op ‘n toep. Kritici meen die Trumps kon meer respek toon op die 20stse herdenking van die 11 September-aanvalle, veral vir ‘n voormalige president.