Nam kry eie Oscar-komitee

Die Oscars het sy toestemming aan die Namibiese Filmkommissie gegee om ‘n om ‘n Namibiese keurkomitee voor die 2022 Oscar-toekennings aan te stel. Die 94ste Oscars vind in Maart 2022 in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles in die VSA plaas. Die Filmkommisie het in ‘n mediaverklaring aangekondig dat die komitee met agt lede bestaan uit lede met uiteenlopende demografieë met Obed Emvula wat as voorsitter dien. Emvula het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die goeie nuus vir die Namibiese filmbedryf.