Skokkende aantygings in Maree borgaansoek

Die borgaansoek van die vermeende pedofiel Johann Maree, sal vandag voortgesit word voor die Windhoek-landdros Celma Amadhila. Die 50-jarige Maree is verlede jaar in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die donkerweb verkoop wat in Australië opgemerk is en sy rekenaar IP-adres is ook daar geïdentifiseer. Maree het verlede jaar gebieg maar vroeër die jaar ‘n ommekeer gemaak en al die klagtes teen hom ontken. In getuienis in die hof wat Woensdag gelewer is maak hy skokkende aantygings teen polisielede, insluitend Kommissaris Nelius Becker en Inspekteur Lodewyk van Graan. Becker het getuig. Maree is ‘n voormalige polisieman en reservis vir Nampol.