Trump beskuldig komitee van hoogverraad

Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump beskuldig die Huis se gekose komitee wat ondersoek instel na die gebeure op 6 Januarie van hoogverraad. Die komitee het gehoor Trump word beskuldig van ‘n staatsgreep-poging terwyl die gewese prokureur-generaal, William Bar, getuig het die oudpresident het leuens versprei oor wydverspreide bedrog in die 2020-verkiesing.  Trump sê in ‘n verklaring die ondersoek word gebruik om Amerikaners se aandag af te trek van die rampspoedige regering onder Demokratiese beheer.