Trudeau poog om 25 ton grane uit die Oekraïne te kry

Kanada sê hy sal die Oekraïne bystaan om opsies uit te werk oor hoe om gestoorde graan uit te voer om wêreldwye voedselsekerheid te handhaaf. Die Kanadese premier Justin Trudeau sê byna 25 miljoen ton graan is vasgekeer in die land en die Swartsee is geblokkeer deur Russiese magte. Voedselpryse het in Maart tot rekordhoogtepunte gestyg. Oekraïne is die wêreld se nommer vier uitvoerder van mielies en ses van koring. Kiëf het ook probeer om hawens op die Donau-rivier in die land se Suide te gebruik om te help met uitvoere wat volgens Trudeau deel van die oplossing kan wees. Hy voeg dat ‘n aantal opsies oorweeg word.