Huldeblyke stroom in vir ontslape Van Biljon van HAN

Huldeblyke stroom in vir een van die stigterslede van die Gasvryheidsvereniging Albie van Biljon senior na sy afsterwe. Volgens die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, het Van Biljon ‘n uiters belangrike rol gespeel in die bedryf en laat ‘n groot leemte agter. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.