Privaatskole se fooie in parlement aangeroer

Nghidipohamba Hamata, ‘n parlementslid van die PDM, het vroeër ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien dat die regering voldoende hulpbronne moet gebruik sodat openbare skole ook soos privaatskole kan uitblink. Volgens Hamata moet die regering die belangstelling van wetgewers asook opvoedkundiges lok om die saak aan te spreek. Die kwessie is weer in die parlement aangeroer en die adjunkminister van hoër onderwys, Natalia Goagoses, sê die regering moet die Onderwyswet hersien om fooistrukture by privaatskole te reguleer.