Tronkbewaarders is bron van kommer vir hoof

Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste, kommissaris Raphael Hamunyela sê die eerbaarheid van sy bewaarders is ‘n bron van groot kommer, veral by die Windhoek fasiliteit. Hy sê tien beamptes is reeds vanjaar afgedank vir verskeie oortredings wat die bystand van gevangenes, sowel as romantiese verhoudings met hulle, insluit. In sy mening, is beamptes kwesbaar teenoor veral welaf gevangenes wat die vermoë het om hulle om te koop. Hamuneyla sê sommige bewaarders betree selfs in besigheid met van die gevangenes. Hy voeg by dat selfone een van die grootste uitdagings is. Daar is onlangs bekend gemaak dat gevangenes slenters vanuit die tronk bedryf. Die Fishrot-verdagtes is ook verskeie male met selfone gevind.