Opposisie moet een presidensiële kandidaat daarstel – Mudge

Die leier van die Republikeinse Party Henk Mudge het ook die presidensiële debat, wat deur die Konrad Adenauer-stigting aangebied is, bygewoon, al ding hy nie in November mee nie. Hy is weer, soos in 2019, van mening dat Swapo die verkiesing sal wen as die opposisie nie saam een kandidaat daarstel nie.

Die United Democratic Front, die United People’s Movement, Rosa Namises en Ally Angula was daar.