Banke eis net meer as N$34m in weeklikse mosiehof

Daar was ‘n totaal van 106 aansoeke vir verstekvonnisse op die mosiehofrol vanoggend waarvan 15 op reël 108 aansoeke was. Regters Boas Usiku en Kobus Miller het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 48 aansoeke gebring . ‘n Totaal van 20 eiendomme is opgeëis met uitstaande skuld van 26,8 miljoen Namibiese dollar. Daar is 28 lenings met ‘n skuldlas van 7,26 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer regter Orben Sibeya 44 onverdedigde egskeidings.